Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Op Donderdag, 19 Julie het Mosselbaai-polisiestasiebeamptes by Café Gannet Restaurant op Mosselbaai byeengekom vir 'n prysuitdeling.
Nadat die polisielede ontbyt en koffie geniet het, het die stasiebevelvoerder, lt kol Albert Haggard en ander lede verskeie trofeë en kontantpryse aan polisiebeamptes vir hul uitmuntende werk oorhandig.
Hy het aan sy polisiebeamptes gesê dat harde werk beloon word en hulle ook herinner dat te veel dae afwesig van die werk, teen hulle tydens die prysuitdeling sal tel.
Stasiebevelvoerder, lt kol Albert Haggard hier saam met hofordonanse sers Leonie Petersen en sers Charmain October wat die trofee ontvang vir die hofverpligtinge wat hulle nagekom het gedurende Junie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'