Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met reis tussen provinsies nou weer oop op vlak 2 van die nasionale inperking, is dit goeie nuus vir Mosselbaai dat dié kusdorp wat so afhanklik van toerisme is, volgende Saterdag, 22 Augustus op die kassie sal wees.
In Meimaand, het Gerrie Pretorius ‘n programinsetsel vir Leef jou Reis Mosselbaai en omgewing verfilm.
Pretorius het ten tye van verfilming gesê dat die insetsel juis daarop gemik was om toerisme ‘n hupstoot te gee wanneer dinge weer na normaal terugkeer.
Die insetsel is te siene op kykNET (DSTV-kanaal 144) om 19:30.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'