MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het sy eie klein boegoespesie wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie. Die plant is glo skaarser as renosters en is een van die diosmaspesies. Só sê 'n lid van die Custodians of Rare and Endangered Wild Flowers (CREW), Sandra Falanga.
Die boegoe groei in 'n beperkte area en word bedreig deur indringerplantegroei, toenemende voorstedelike ontwikkeling en misbruike soos onwettige bourommel en tuinvullisstorting.
Volgens die SANBI-rooilys van Suid-Afrikaanse Plante is die status van die spesies kritiek bedreig.
Plaaslike bewarings- en plantspesialiste Sandra Falanga en Kevin Koen het onlangs nog 'n populasie van minstens 60 plante ontdek.
Steggies is ook reeds na Kirstenbosch se tuinboukundige en boegoeman, Roger Oliver, geneem vir ex situ kweking van die plant.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'