Video
MOSSEL BAY NUUS EN VIDEO'S - Die groter Mosselbaai-gebied is een van die gewildste toeriste-aantreklikhede in Suid-Afrika. 'n Nuwe "Iconic Mossel Bay" veldtog is Donderdagaand 11 Augustus by een van die dorp se bekende bakens, die Dias Museum, geloods.
Volgens Aneli Gerber, bedryfshoof van Mosselbaai Toerisme, het elke wêreldstad 'n unieke ikoon wat gebruik word om daardie stad te bemark.
Groter Mosselbaai, het egter soveel uiteenlopende, diverse aanloklikhede wat die dorp uniek maak dat daar op die term "Iconic" besluit is.
Dit sluit die agt kleiner ikoniese wonders in van Glentana, Groot Brak, Klein Brak, Friemersheim, Danabaai, Herbertsdale, Hartenbos en Fransmanshoek.
Verskeie internasionale sportgeleenthede vind vanaf September plaas, onder andere die Mosselbaai Seiljagvaart resies van Simonstad na Mosselbaai, die ProAm Sonskyn Gholftoernooi en die Ysterman Kompetisie waaraan 2800 driekamp atlete gaan deelneem.
VIDEO: Aneli Gerber, COO Mossel Bay Tourism (Video: Alet Engelbrecht)
VIDEO: Dirk Kotzé, Burgemeester Mosselbaai Munisipaliteit (Video: Alet Engelbrecht)
VIDEO: David Clayphan chats with Mossel Bay Advertiser (Video: Alet Engelbrecht)
Foto's: Cornelle Carstens
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'