MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het bevestig dat Morrisonweg by Glentana steeds en tot verdere kennisgewing vir verkeer gesluit is.
“Die skade aan ‘n waterpyp is tydelik herstel, maar weens die landwye tekort aan PVC-pyp, sal behoorlike herstelwerk eers kan plaasvind sodra die pyp verskaf kan word.
"Mosselbaai-munisipaliteit maan motoriste om bedag te wees op die padsluiting en vra verskoning vir die ongerief.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'