Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die goeie nuus is dat daar nog plek beskikbaar is as Mosselbaaiers die middagete en veiling ten bate van die Suid-Kaap tak van Alzheimer's SA wil bywoon.
Hierdie funksie vind môre, Saterdag 26 Mei om 12:00 by die Ochre Venue by Café Gannet Restaurant in Mosselbaai plaas.
Kontak Gannet Restaurant (044 691 1885) direk om jou plek te bespreek.
Plaaslike kunstenaar, Riëtte Delport, ook bekend as Rut, het 'n indrukwekkende skildery met 'n sterk boodskap vir die veiling geborg.
Botlierskop-wildsreservaat het 'n wildsrit vir 'n paartjie geborg. Ander borge is Rauch Gertenbach, Kodak Mosselbaai Mall, Niek Harteveld-oogkundige, Jakkalsvlei, stresverligtingsterapeut Azana Mans en kunstenares Georgia Argyropoulos.
Vredebest doen die veiling gratis en Café Gannet Restaurant maak die Ochre Venue gratis beskikbaar.
Daar is nog items wat opgeveil sal word. Dit sluit in items wat nie meer tuis gebruik word nie. Almal is gevra om ietsie te bring wat opgeveil kan word. Gee dit vandag, Vrydag, 25 Mei by die Gannet Restaurant af, of voor 10:00 môreoggend, Saterdag 26 Mei.
"Moenie hierdie gesellige, interessante geleentheid vir liefdadigheid misloop nie."
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel: You also win at Alzheimer's Auction
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'