MOSSELBAAI NUUS - "Dankie aan Maryna Steyn en die ander inwoners van Moquini Landgoed neffens Danabaai, wat saamwerk en verseker dat Wyk 11 se vergroeningsplanne goed vlot," sê wyksraadslid Nickey le Roux.
Sy het die voorsitter, Daniel Esterhuysen, en die bestuur van Moquini Landgoed bedank vir hul onderneming om die inheemse bome, wat op hul versoek deur die munisipaliteit geskenk is, self te plant en te versorg.
Ná die munisipaliteit verskeie bome op versoek by die Danabaai-gemeenskapsaal geplant het, het Steyn vir Le Roux gekontak en vertel dat hulle graag 'n stuk grond, wat hulle onlangs gerehabiliteer het, met inheemse bome wil beplant. Die bestuur van Moquini het reeds verskeie aalwyne geplant maar, het Maryna vertel, dié gebied kort nóg inheemse bome om die rehabilitasie behoorlik af te rond.
Die landgoed se bestuur doen deurgaans besondere moeite om streng volgens munisipale vereistes die omgewing te bewaar en verwyder gereeld indringerbome en plantegroei.
Die munisipaliteit volg ingevolge die GROEI-strategie 'n vergroeningsbeleid en het gevolglik 15 inheemse bome geskenk as deel van die strewe om 'n gesonder omgewing te bevorder.
Die munisipaliteit volg ingevolge die GROEI-strategie 'n vergroeningsbeleid en het gevolglik 15 inheemse bome geskenk as deel van die strewe om 'n gesonder omgewing te bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’