Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse Mosselbaai Blommeskou vind vanaf vandag, Vrydag 15 September tot Sondag 17 September in die Dias Museum plaas.
Beoordeling begin vanoggend 10.30 en die amptelike opening vind om 12:00 plaas.
Die blommeskou is 'n hoogtepunt op die kalender vir natuurliefhebbers en vanjaar kan blommerangskikkers deelneem in drie kategorieë waarin kontantpryse te wen is.
Kom besigtig pragtige flora van ons streek!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'