MOSSELBAAI NUUS - Lede van die gemeenskap van Uitbreiding 13 het Donderdag, 7 November weer byeengekom om te gesels oor misdaadbekampingsinisiatiewe in hul woonbuurte.
Buurtwagbedrywighede is bespreek asook die misdaadstatistiek in die gebied.
Lede van die Da Gamaskop-polisie wat die vergadering bygewoon het was kapt Virgie Julius, asook die bevelvoerder van die stasie, kol Mark Hartzenberg.
Raadslid Rosina Ruiters, die wyksraadslid het ook 'n spreekbeurt gehad en lede van korrektiewe dienste het terugvoering gegee oor die getalle vrygelate veroordeeldes wat parool ontvang het en teruggeplaas is in die gemeenskap vir herintegrasie.
Daar is weer eens opnuut 'n beroep gedoen vir betrokkenheid en aktiewe deelname aan buurtwagte en straatkomitees.
Lede van die Uitbreiding 13-buurtwag saam met kapt Virgie Julius (middelvoor) en stasiebevelvoerder van die Da Gamaskop-polisie, kol Mark Hartzenberg tydens 'n gemeenskapsvergadering verlede week. Foto: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'