TUINROETE | KAROO NUUS - Minke Janse van Rensburg is Suid-Afrika gestremde sportvrou van die jaar. Sy is gisteraand (25 Maart) by Sun City in Noordwes tydens die SA Sport Awards in die afdeling gestremde sportvrou van die jaar as die wenner aangewys.
Die 18-jarige swemsensasie van George het by die glansgeleentheid nie net George, maar ook die hele streek trots gemaak.
By die geleentheid is toperkenning gegee aan Suid-Afrikaanse sportlui in al die sport sfere. Sy het reeds verskeie wêreldrekords opgestel.
Dit sluit in vier ope-wêreldrekords en verskeie senior wêreldrekords.
Minke se ma Aletta was saam met haar by Sun City waar die rooi tapyt letterlik uitgerol is. Minke keer aanstaande Sondag terug na George.
Haar pa Hennie het vanoggend aan George Herald gesê hy is bly dat Aletta die oomblik kon beleef. "Dit is mos so mengsel van trots en dankbaarheid."
Hy het met Minke na die geleentheid gesels. Sy is baie opgewonde en verheug oor die toekenning.
Lees meer op susterspublikasie, George Herald
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’