TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die Wes-Kaapse regering het gewaarsku dat weens onder andere die droogte wat die provinsie geteister het, die veldbrandrisiko vanjaar hoër as vorige jare is.
James-Brent Styan, woordvoerder vir die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell het die publiek versoek om die owerhede owerhede te kontak in die geval van rook of brand en nie net aan te neem dit is reeds iewers aangemeld nie.
Bredell het die versekering gegee dat die provinsie en sy vennote op bystand is in gevalle waar veldbrande uitbreek.
Binne die Tuinroete en Hessequa-streek kan brande by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit aangemeld word deur 044 805 5071 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'