Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer se besoek aan die Suid-Kaap vanaf 6-8 September kom te midde ‘n hernieude fokus op algemene welstand binne die landbousektor.
Meyer en sy span het gedurende sy besoek aan Mosselbaai by twee geleenthede met landbouers vergader.
Op Maandag was daar ‘n intieme gesprek op die plaas van Bergsig waar die primere fokus landelik beveiliging was. Dinsdagoggend, het ministers Meyer verteenwoordigers van boereverenigings oraloor die Suid-Kaap toegespreek.
Meyer het groot gewag gemaak van sy nuwe hutsmerk, #fortheloveofagriculture asook die vyf primêre fokuspunte waarop sy administrasie hulle tans toelê.
Dit sluit in landelike veiligheid, landbou-ontwikkelling binne die opleidingsektor, kritiese marktoegang, ‘n hernieude fokus op die implementering van waterverminderingstegnieke in landbou met die oog op klimaatsverandering, asook ondersteuning aan boere in die breë.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'