RIVERSDAL NUUS - Volgens ‘n betroubare bron is Storm Smorenburg, die leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal wat Donderdag 22 Augustus in ‘n fratsongeluk betrokke was, deur medici met veelvuldige breinbeserings gediagnoseer.
Daar is tans geen breinfunksie nie.
Volgens ‘n woordvoerder van die departement van onderwys het die voorval om ongeveer 08:15 vanaf die koshuis op pad skool toe gebeur.
Storm het blykbaar aan 'n bewegende motor vasgehou terwyl hy op sy skaatsplank was, maar het agteroor geval en op die teer neergeslaan.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'