Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - 10 Vragmotors met mielies het gisteraand in Mosselbaai aangekom.
Drywers van die trokke staan vanoggend trots voor hul vragmotors by Cobra Transport buite Mosselbaai en wag om aflewerings te begin doen.
Die mielies kom vanaf Fochville en is bestem vir Suid-Kaap-boere wat geraak word deur die droogte.
Die projek het oorspronklik begin om aan Calvinia hulp te verleen en het uitgebrei na ander omgewings wat ook hulp nodig het.
Die projek word bestuur deur Burre Burger (082 97 09219) en gefonds deur die algemene publiek en ondernemings.
Besoek die Facebookblad, Droogte Hulp met Burre Burger NPC vir meer inligting.
Boere, drywers en sakemanne staan voor die vragmotors.
Burre Burger en Heinrich Strydom.
Kyk video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'