MOSSELBAAI NUUS - Midbrak-buurtwag hou ‘n ope vergadering vandag Maandag, 7 Augustus, om 18:00 in die Reebok-gemeenskapsaal op die hoek van De Jager- en Koedoestraat.
Inwoners van die Midbrak-area word almal uitgenooi om by te woon.
Die Groot-Brakrivier polisie se stasiebevelvoerder gaan aan die gemeenskap voorgestel word en hy gaan ‘n paar wenke gee om veiligheid in en om die huis te bevorder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’