MOSSELBAAI NUUS - Michael Lindt, die bekende sanger en liedjieskrywer, kuier komende Sondag, 29 Oktober, by Mosselbaai AGS-gemeente, met die vrystelling van sy splinternuwe CD, Nuwe Genade.
Hierdie veelsydige kunstenaar, skryf nie net die meerderheid van sy eie iedjies nie, maar het ook al liedjies geskryf vir kunstenaars soos Kurt Darren (Heidi), Nicholis Louw (Ek is daar vir jou), Romanz en Julius Magan.
Sy warm stem en aansteeklike verhoogpersoonlikheid laat jou voel asof jy op reis gaan saam met hom met die lirieke van sy liedjies wat die reis se storie vertel.
Nuwe Genade word ontvang met groot opgewondenheid en afwagting, sy nuwe CD in drie jaar.
Die inspirasie vir die nuwe CD is gebore uit dankbaarheid vir dit wat hy tot nou in sy lewe ervaar het, dankbaarheid vir die fase van sy lewe wat hy nou in is en vertroue vir dit wat voorlê.
Mosselbaai AGS Gemeente is geleë by Da Gamastraat 36, met byeenkomste om 08:30 en 10:15.
Daar is ‘n kinderbediening vir kinders van drie- tot twaalfjarige ouderdom, tydens beide byeenkomste.
Die tienerbediening (13- tot 18-jariges), IGNITE, ontmoet tydens die tweede byeenkoms om 10:15.
Vir navrae kontak die gemeentekantoor (044 690 3384).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'