MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vier-en-dertigjarige man is in die vroeë oggendure van Saterdag, 21 Desember in Heunisstraat, Uitbreiding 8, dood vanweë fatale meswonde.
Die voorval het om 04:30 plaasgevind en omstandighede rondom die slagoffer se dood word ondersoek. Geen arrestasies is nog in verband met die voorval gemaak nie.
Die polisie versoek die gemeenskap om hulle van enige inligting te verskaf.
Kontak die ondersoekbeampte, ao Deon Louw (082 522 1678).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'