MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak waarin 'n 26-jarige man van Mosselbaai die naweek tydens 'n messtekery by 'n plaaslike restaurant, dood is.
Die voorval het om 03:55 op 30 Julie voor die KFC-eetplek in Voorbaai plaasgevind.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het daar vermoedelik 'n woordewisseling tussen die oorledene, Leroy Joubert en 'n onbekende man ontstaan, waartydens laasgenoemde Joubert met 'n mes gesteek het.
Die verdagte het van die toneel ontvlug in 'n wit CAW-geregistreerde Mazda (CAW 99289). Vriende van die verwonde Joubert wat op die misdaadtoneel teenwoordig was, het hom na die Mosselbaai provinsiale hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'