Kst Johan Taljaard (31) en sers Thando Makinana (36) het skaars aan die deur van die klaer se huis in KwaNonqaba geklop, toe die verdagte man (26) uit die deur gespring het en woes met sy mes begin rondswaai het.
Sy eerste aanval op kst Taljaard het misluk, maar die tweede keer het hy kst Taljaard diep in sy linkerskouer met die mes gesny. Sers Thando Makinana (36) is kort hierna bygedam en het 'n snywond aan sy hand opgedoen en sy enkel beseer.
Boonop was die klaer wat saam met die man woon, só erg aangerand dat sy in 'n plaaslike hospitaal vir haar beserings behandel moes word. Die verdagte het te voet gevlug.
Soektog
Terwyl die twee polisielede by die Life Bay View Hospitaal vir hul beserings opgeneem is, en kst Taljaard 'n operasie moes ondergaan, het lede van die Langeberg K9 Honde-eenheid 'n soektog na die verdagte van stapel gestuur.
Ao Daniel Prins (40) en sers Norman Dilingwa (39) het kort na die aanval met hul twee patrolliehonde, Jack en Bully, die beboste kloof in Uitbreiding 26 naby Koningklipstraat ingevaar. Die gebied is dig bebos met pendoringbome en daar is bykans geen oop dele veld nie. Ao Prins en sers Dilingwa het met die honde in twee verskillende rigtings die kloof af beweeg.
Dit het minstens 'n uur geneem voordat sers Dilingwa se Rotweiller, Bully, die verdagte in 'n bos diep die kloof in betrap het. Die verdagte was steeds met 'n mes en 'n vegstok gewapen en het gedreig om Bully met die mes te steek.
Die man het opgespring en weggehardloop en verskeie versoeke van sers Dilingwa, om stil te staan, geïgnoreer. Bully het die verdagte hierna tot stilstand gebring en sers Dilingwa kon die man arresteer.
Die verdagte het op Donderdag, 11 September in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklagte van ernstige aanranding en poging tot moord.
Intussen is beide KwaNonqaba polisiebeamptes uit die hospitaal ontslaan. Brig Gerhard Jantjies het die lede sterkte toegewens en hul familie bedank vir hul ondersteuning.
Bully het geen beserings opgedoen nie en was weer op Dinsdag, 9 September in aksie saam met sy mens-kollega, sers Dilingwa.
Die ondersoekbeampte in die saak is kst Ndala en enigeen met inligting kan hom kontak by 079 823 3923.
*Sers Makinana is genader vir 'n fotogeleentheid, maar het dit weens persoonlike redes van die hand gewys.
On Monday, 8 September at approximately 14:45 two police members of the KwaNonqaba Police responded to a case of domestic violence and criminal assault. Sgt Thando Owen Makinana, assisted by Cst Johan Taljaard responded when a complaint was laid by the victim.
When they arrived at the address, the attacker refused to hand over a knife he had in his possession, and he stabbed Cst Taljaard in the left shoulder. Sgt Makinana tried to disarm the man and a struggle ensued during which he was then stabbed in his left hand. In the struggle he also injured his left ankle. The perpetrator then fled into thick bushes.
Both policemen were taken to the Life Bay View Hospital after members of the Langeberg K9 Unit assisted with the arrest of the perpetrator.
Sgt Makinana was discharged directly after treatment and Cst Taljaard was scheduled for surgery on Tuesday, 9 September.
The perpetrator was hospitalised after his arrest and will be charged with domestic violence and attempted murder upon his discharge.
The commanding officer of the Da Gamaskop cluster, Brig Gerhard Jantjies expressed his sincere condolences with the police members and their families. He wished the members a speedy recovery and thanked their loved ones for supporting the police members in this difficult time.
The investigating officer is Cst Ndala and anyone with information is requested to contact him on 079 823 3923. All information will be treated with strict confidence.

Kst Johan Taljaard

Kst Johan Taljaard

Sers Norman Dilingwa met sy patrolliehond, Bully, voor die beboste gedeelte waarin die verdagte geskuil het. Foto: Louise Karsten

Polisievoertuie staan langs die beboste gebied in Uitbreiding 26.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX EN LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALISTE
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'