MOSSELBAAI NUUS - Verskeie RSG-luisteraars het onlangs gesukkel om die radiostasie op te vang. Volgens RSG is die landswye FM-sendernetwerk onder hewige druk weens beurtkrag en verskeie ander faktore soos karige instandhouding en vandalisme.
Gesprekke met Sentech, wat die seinverspreiding vir alle radiostasies in Suid-Afrika doen, word na wat verneem word op die hoogste vlak gevoer.
RSG se programbestuurder, Kobus Burger het onlangs met Jaap Lourens van Sentech gesels oor algemene radiokwaliteit, watter faktore uitsendings beïnvloed, hoe jy aanpassings kan maak om sake te verbeter en alternatiewe metodes om jou gunsteling radiostasie op te vang.
RSG-luisteraars word aangemoedig om probleme by RSG self aan te meld.
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'