Gallery
TUINROETE DISTRIKNUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) se Mei-byeenkoms het op 11 Mei in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was Voorblad-fotografie.
Die algehele wenfoto van Mei was:
Groep B-wenner: Gerda Fouche se Catch the barrel.
Groep A-wenner: Anton la Grange se Verlatenheid.
Certificate of Merit:
Menslike potrette - Muriel Eddy se Ballerina in the sand.
Landskap - Muriel Eddy se Cauldron Arniston.
Landskap - Verinda Bosch se Son sak.
Ope afdeling - Elizabeth Nicholson se Sacret Ibis in Flight.
Voorgeskrewe onderwerp - Anton la Grange se The Fashion Box.
Visuele kuns - Anton la Grange se Verlatenheid.
Visuele kuns - Carien Kruger se Waterlelie na die reën.
Visuele kuns - Elizabeth Nicholson se Mienkie Miaau.
Fotojoernalistiek - Gerda Fouche se Catch the barrel.
Besoekers is welkom om die fotobeoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442). Lesers kan ook gerus na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Gerda Fouche se Catch the barrel was die algehele wenfoto in die groep B-afdeling vir Mei.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'