MOSSELBAAI NUUS - Mayixhaleweg in KwaNonqaba, wat kortstondig heropen is, is weer vir verkeer gesluit nadat inwoners weer eens slote oor die pad heropen het.
Inwoners word gemaan om versigtig te wees en liefs die area te vermy.
Die pad is weer gesluit ná Raadslid Anton Dellemijn, die munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee en die hoof van die munisipale verkeer, Henry Williamson, onder meer, in die middernagtelike ure self die grondhope en sloot oor die pad weggewerk het.
Inwoners het self die pad versper nadat 'n kind gister op dié pad raakgery is en gehospitaliseer is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'