MOSSELBAAI NUUS - Daar was amper 'n baie hartseer voorval tydens Hoërskool Punt se Poort-sprong vanoggend.
Loane Kritzinger, 'n graad 12-leerder, is beseer toe sy met die inspring haar voet teen 'n rots gestamp het.
Volgens haar ma, Alma, het dit ‘n impak op Loane se knie gehad het en veroorsaak dat sy nie haar been kon reguit maak nie. Sy het paniekbevange geraak omdat sy nie kon staan nie en met haar gesig onder die water probeer kyk wat aangaan. Andre Basson, ‘n mede leerder, het dit gesien en haar te hulp gesnel.
Met haar vriende se hulp, en spesifiek Anthony Robertson - wat haar gedra het en haar gehelp het om haar been reguit te maak - is sy tot by die tou gehelp waar Melanie, Gizelle en Chandré haar geselskap gehou het tot die ambulans opgedaag het.
By Grace-ambulansdiens het haar na die Life Bayview-hospitaal geneem waar dokters Hobbs en Potgieter na haar omgesien het.
Loane gaan 'n knie-stut moet dra en sal vir ongeveer ses weke op krukke wees, maar daar is gelukkig geen ernstige skade nie.
Haar ouers bedank almal wat gehelp het.
Die Poort-sprong is 'n jaarlikse tradisie op die matrieks se laaste skooldag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'