Burgemeester Levendal het die suksesvolle kandidate met hul prestasies gelukgewens en die enkeles wat nie so gelukkig was in die pas afgelope eksamen nie, aangemoedig om alternatiewe soos die Tegniese en professionele Onderwys en Opleiding (TVET) Kolleges vir verdere akademiese en praktiese opleiding te oorweeg sou hulle nie kans sien om weer die skoolbanke aan te durf nie.
Raadsheer Levendal het gesê ‘n matriekkwalifikasie is nie die einde van die pad nie, maar inteendeel, maar net die begin, die afskop, van ‘n toekoms wat nou in elkeen van die Klas van 2016 se eie hande rus. “Gryp die geleenthede aan wat jou kant toe kom.”