Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Dis altyd bedrywig op die kampus van Centre for Exceptional Children, maar onlangs het dit behoorlik daar gegons toe die sentrum hulle heel eerste markdag aangebied het.
Die jong entrepreneurs van ZJ Hulpsentrum, ETHAN, APD Mosselbaai en Denneprag Primêre Skool het aan die markdag deelgeneem.
Al die entrepreneurs moes ‘n besigheidsplan indien geskoei op die ETHAN Biz Kids model en kon ‘n lening kry van ETHAN Projek om hul stalletjie op die been te bring. Een van die graad 9-leerders van ZJ Hulpsentrum, Ethan Hobbs, is as bankbestuurder aangewys en moes die besigheidsplanne evalueer, goedkeur en lenings uitreik.
Volgens Dianne Hobbs van die ETHAN Projek was die besigheidsplanne was baie oulik. Daar was name soos Hot Diggity Dog, Woody’s Woodwork, Chocmellow, Dennepraggies, Anereez se koekies, Sweets from Heaven, Die Kersboom, Cherise’s Shortbread, Stress-Less Massages, Pretty Potatoes, Funky Tekkies, Memory Crafts, On Fire!, Nadie se Nanas as deel van die stalletjies te sien.
Die markdag is baie goed ondersteun deur die gemeenskap, families en vriende.
Die St Blaize-modelvliegklub het ook 'n uitstalling aangebied. Hobbs se dat die kinders besonder opgewonde was oor die pragtige vleigtuie wat te siene was. ETHAN Project se gelukbringer BLU, het ook kom inloer.
BLU, die gelukbringer was deel van die markdagpret.
Van die jong entrepreneurs by BLU, die ETHAN Project se gelukbringer.
Leerders van Denneprag Primêr is deur die ETHAN Projek geborg om die markdag by te woon en het die uitstappie, feestelikhied en gasvryhied geniet. By hulle kleurvolle stalletjie was versierde dennebolle, potlode, hout en gedroogde vrugte te koop. ZJ Hulpsentrum se span het uitgeblink met al die mooi Kersbome uit herwinde hout. Verder was daar ook die heerlike koekies, pragtige plantjies, versierde lekkergoedsakkies, biltong, speletjies en soveel meer vir die markgangers om te geniet.
APD Mosselbaai se roti en kerrie, voëlvoeders van herwinder hout en ook die masserings wat hulle aangebied het, was baie populêr. ETHAN se roomys en tuisgemaakte gemmerbier was te heerlik en net die ding om die hitte te troef.
"Dit was ‘n heerlike dag en prettige familie uitstappie en het ons groepie jong entrepreneurs geleer hoe om ‘n besigheid op die been te bring. Boonop het almal 'n bietjie sakgeld gemaak. Dankie aan almal wat ons entrepreneurs ondersteun het. ‘n Spesiaale dank aan al die personeel van ZJ Hulpsentrum, Denneprag en APD Mosselbaai wat ons kinders so mooi leer en help deur die lewe, en dan aan die ETHAN-vrywilligers vir hulle positiewe bydrae."
Kleurvolle tekkies was 'n treffer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'