MOSSELBAAI NUUS - Die Goods Shed se markdag vind op Saterdag, 23 Oktober vanaf 08:00 tot 14:00 plaas.
Verlede naweek se markdag is weens gure weersomstandighede gekanselleer.
Buiten die winkels binne is daar stalletjies aan die buitekant al om die Goods Shed.
Daar is 'n verskeidenheid kossoorte, snuffelstalletjies, 'n kattebakverkoping wat talle interessanthede bied asook ‘n speelarea vir die kinders en ‘n atm op die perseel. "Kom geniet die oggend saam met ons."
Vir enige navrae oor uitstalruimtes kontak Melanie (072 837 8803).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'