MOSSELBAAI NUUS - Tannie Maria Magdalena Elizabeth Nieuwoudt van Onse Rus in Hoogstraat word op môre, 4 November, 103 jaar oud.
Tannie Maria het grootgeword op Vostersdam.
Sy was ‘n tuisteskepper met stokperdjies soos perdry en musiek.
Sy lees nog elke dag boek en soms is dit sommer ‘n dik boek.
Maria se 10de agterkleinkind word boonop op haar verjaarsdag gebore.
Sy het drie kinders, agt kleinkinders en nege agterkleinkinders.
Die ACVV Seebries-tehuise se personeel en inwoners wens haar baie geluk met haar verjaardag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'