Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Verskeie maatskappye, instansies, politieke partye en selfs individue het vandag, op die herdenking van oud-President Nelson Mandela se 100ste verjaardag hul 67-minute vir Mandela op velerlei wyse uitgeleef.
Van die personeel van die Mosselbaai-landdroshof wat sop en broodjies in die koue hofgange uitgedeel het, tot die Demokratiese Alliansie se leiers en ondersteuners wat die area langs Louis Fourieweg skoongemaak het, die Mosselbaai-munisipaliteit se Parke-afdeling wat die vlak voor Benevolent Park skoongemaak het, het deelnemers entoesiasties hul deel vir Mandeladag gedoen.
Die personeel van Life Bay View hospitaal se personeel het hul 67-minute vir Mandela deurgebring by die Leolan Akademie, 'n sentrum vir kinders met spesiale leerbehoeftes op Mosselbaai.
Ook die personeel van die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal het besoek gebring aan die Ruiterbos Laerskool waar onder meer sanitêre doekies aan leerders uitgedeel is.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'