Update
MOSSELBAAI NUUS - Die man wat twee polisiebeamptes só erg aangerand het dat hulle in die hospitaal behandel moes word, het reeds 'n beskermingsbevel teen hom gehad.
Die polisiebeamptes, ao Kobus Barnard en kst Spelele Siyo het op 1 Maart om 03:15 'n klagte van oproerige gedrag by die woning van die verdagte se vervreemde vrou op Ruiterbos bygewoon.
Volgens die polisie het die 32-jarige verdagte oproer by die woning gemaak en "die huis omgekeer".
Die twee polisiebeamptes is met 'n stomp voorwerp aangerand nadat hulle reeds die toneel verlaat en die verdagte hulle van agter aangeval het.
Die verdagte, wie se identiteit aan die Mossel Bay Advertiser bekend is, maar weerhou word om die identiteit van sy vervreemde vrou te beskerm, het reeds in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die oortreding van 'n beskermingsbevel.
Hy bly in aanhouding en verskyn weer vandag, op 12 Maart in die Mosselbaai-landdroshof vir 'n formele borgaansoek.
Vorige artikel: Man in court after assaulting police officers
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'