Update
TUINROETE NUUS - 'n Vier-en-twintigjarige man het op Maandag, 6 Augustus sy eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak in verband met die aanval op 'n vrou in haar Glentana-huis.
Die 77-jarige slagoffer en haar man was Woensdagmiddag tuis toe die verdagte deur 'n venster toegang tot die woning gekry het en die vrou probeer wurg het nadat sy hom betrap het.
Die vrou het die aanval oorleef nadat haar man haar te hulp gesnel het en die verdagte weggehardloop het.
Die verdagte is later vasgetrek nadat hy tussen bosse naby die misdaadtoneel geskuil het.
Die verdagte word aangekla van huisroof.
Lees vorige artikels hier:
- Verdagte in hof na aanval op vrou
- Vrou gewurg: Verdagte vir ondervraging
- Vrou glo deur inbreker gewurg
'Ons bring jou die nuutste Glentana, Tuinroete nuus'