TUINROETE | KAROO NUUS - Die verhoor van 'n man van Hartenbos wat tereg staan op ses aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van twee minderjarige seuns, is die afgelope week in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere getuienis tot 19 Oktober uitgestel nadat die staat sy saak gesluit het.
Righardt Myburg word daarvan aangekla dat hy tussen 2014 en Augustus 2019 by verskeie geleenthede die twee broers verkrag en seksueel aangerand het.
Die hof het verlede week die getuienis van die kinders se ma en 'n pastoor aangehoor.
Volgens die ma het een van die kinders haar meegedeel dat hulle die dade van hul oom stilgehou het omdat hulle haar nie wou seermaak nie.
Lees meer in susterpublikasie, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'