MOSSELBAAI NUUSFLITS - Een van Mosselbaai se grootste geeste het ons gegroet.
Daar is bitter min mense wat nie op een of ander manier deur hierdie man aangeraak is nie. Letterlik. Tientalle wat hierdie artikel lees, is deur hom in die wêreld gebring.
Iets wat min mense weet, is dat hy nie net gewone mense se lewens gered het gedurende sy jare as dokter nie, maar dat hy selfs een van hierdie land se presidente se lewe gered het. Altyd in stille nederigheid.
Terry Grobbelaar is gebore op 25 November 1940 as kind van Suid-Afrika se eerste ongevalle kommissaris.
Hy matrikuleer aan Affies en is toe vloot toe. Sy mediese graad verwerf hy aan Tuks en begin praktiseer op die Vrystaatse platteland.
In 1967, begin Dok Terry 'n praktyk in Groot-Brakrivier waar hy sommer ook tandarts, sielkundige en soms selfs veearts was.
Dok het dikwels met smaak vertel hoe hy na veral die armes se tande moes omsien.
"Dit was veral moeilik om die Karoo-mense se tanne te trek - jong, hulle tanne het gesit,” het hy vertel.
Dok Terry het wel sy feëverhaal werklikheid gemaak. Hy het toevallig saam met die legendariese Koos Wol (Koos van Rensburg) 'n vissersboot in Nederland gaan haal en het teruggekom met sy bruid, Rita met wie hy 27 jaar, gelukkig getroud was.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'