Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai is vanmiddag deur twee verdagtes in Marshstraat voor die Standard Bank met 'n skerp voorwerp doodgesteek.
Die slagoffer het op die trappe voor die bank aan sy wonde beswyk.
Die twee verdagtes is kort na die voorval skaars ‘n paar meter van waar die slagoffer se liggaam gelê het, deur die polisie in hegtenis geneem.
Die slagoffer is op die toneel dood verklaar. Die verdagtes is na die Mosselbaai-polisiestasie geneem.
Die polisie en nooddienswerkers is steeds op die toneel.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
Die toneel waar 'n man vanmiddag in Marshstraat doodgesteek is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'