MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n 39-jarige man op 20 November by ‘n kuierplek doodgeskiet is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Kappie Kapp sê die voorval het om 23:10 by die Mahlafuna Sjebeen gebeur.
Mahlafuna is in Sijajistraat geleë.
“Ons weet nie tans wie die verdagtes is nie en vra die publiek om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help om hulle vas te trek.”
Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
Die ondersoekbeampte, Sersant Ndala kan gekontak word by 079 894 1599.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'