MOSSELBAAI NUUS - 'n 39-jarige man van Nigeria wat gearresteer is nadat Tik ter waarde van R500 000 in sy besit gevind is, verskyn vandag in die Mosselbaai Landdroshof.
Provinsiale verkeersbeamptes het die verdagte Maandagaand van die N2 naby Mosselbaai afgetrek.
Die polisie sê die verdagte het aan verkeersbeamptes vertel dat hy na Port Elizabeth onderweg is.
Sy voertuig is deursoek en 'n groot sak vol Tik en R2000 kontant is gevind.
Die verdagte is by die Da Gamaskop polisiekantoor aangehou en word aangekla vir die besit en handel in dwelms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'