MOSSELBAAI NUUS - 'n Nege-en-dertigjarige man van Nigerië wat in hegtenis geneem is nadat tik ter waarde van R500 000 in sy besit gevind is, het op Donderdag, 10 Mei in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Provinsiale verkeersbeamptes het die verdagte se voertuig op Maandagaand, 7 Mei van die N2 naby Mosselbaai afgetrek.
Die polisie sê die verdagte het aan verkeersbeamptes vertel dat hy na Port Elizabeth onderweg is. Sy voertuig is deursoek en 'n groot sak vol tik en R2 000 kontant is gevind.
Die verdagte is by die Da Gamaskop-polisiestasie se selle aangehou en word aangekla vir die besit en handel in dwelms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'