MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vyf-en-dertigjarige man sal môre, op Dinsdag, 2 Februarie in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord nadat hy na bewering ‘n inwoner van Asla Park met ‘n mes doodgesteek het.
Volgens die polisie het die 27-jarige slagoffer en die verdagte mekaar op 30 Januarie om ongeveer 08:00 op ‘n straathoek in Asla Park ontmoet.
Hulle het glo ‘n woordewisseling gehad waarna die verdagte ‘n mes uitgepluk het en die slagoffer ten aanskoue van voetgangers doodgesteek het. Die slagoffer is in ‘n plaaslike hospitaal dood.
Die publiek het die KwaNonqaba-polisie met inligting gehelp waarna die verdagte in hegtenis geneem is. Hy bly in aanhouding tot sy hofverskyning.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'