MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat skroot oor Louis Fourieweg gekarwei het in 'n saamgeflansde trollie is op Maandag, 31 Julie deur 'n voertuig getref en is ernstig beseer.
Siphele Hlalo (53) het skroot by die Louis Fourieweg-vullisstortingsterrein bymekaargemaak en is deur 'n voertuig getref toe hy die skroot oor die pad probeer neem het. Hy is met ernstige kop- en rugbeserings in die Mosselbaai provinsiale hospitaal opgeneem.
"Die KwaNonqaba-polisie doen 'n beroep op motoriste om in die omgewing van die woongebied uiters versigtig te bestuur, veral met sonsopkoms of sononder.
Daar beweeg gereeld voetgangers, selfs kinders langs en oor die pad. Hou by die spoedgrens en wees veral bedag op voetgangers en loslopende diere," maan die KwaNonqaba-polisie se kommunikasiebeampte, sers Kapp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'