Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Motorfietsryer is ernstig beseer toe 'n motorfiets en ‘n taxi by die ingang van Klipheuwel op Klein-Brakrivier in ‘n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk het vandag, 7 Januarie, net na 15:00 plaasgevind. Die motorfietsryer het in die middel van die pad gelê terwyl omstanders hom bygestaan het tot nooddienste opgedaag het.
Paramedici van By Grace ambulansdiens het hom op die toneel behandel en hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die taxi het personeel kom oplaai by Klipheuwel toe die ongeluk gebeur het. Groot Brak polisie en verkeer was op die toneel.
Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’