Volgens die polisie het die oorledene, Stefanus Smit, ook op Saterdagaand, 7 Januarie gedreig om op dieselfde wyse selfdood te pleeg, maar is dieselfde aand deur verkeerspolisie na die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal geneem.
Polisie sê Smit het om 12:00 gistermiddag by die parkeerarea rondgehang waarna ‘n polisiebeampte met hom gaan gesels het. Smit het aan die polisebeampte ontken dat hy beplan om van die gebou af te spring.
Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.