MOSSELBAAI NUUS - Die ATKV-tak Seeuitsig hou 'n Weskus-makietie op 28 Mei.
Die gas by hierdie besonderse fondsinsamelingsgeleentheid vir die jeug, is veteraan-akteur, Cedwyn Joel.
Joel is bekend as die karakter AB in die televisiereeks, Suidooster.
Die geleentheid word om 15:00 in die All Saints-kerksaal aangebied en koste is R100.
Dit sluit 'n heerlike stokvisete met gegeurde rys in.
Besprekings kan gedoen word by (071 604 8355).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'