Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Macs-motorfietsklub is die grootste motorfietsklub in Suid-Afrika en is baie betrokke by gemeenskappe regdeur die land.
Macs-motorfietsklub van Mosselbaai het die Ethan-projek, oftewel Education and Training Hub for Autism Needs net buite Mosselbaai aangeneem om hulle te ondersteun en by te staan in die behoeftes van Outistiese kinders.
Hulle het twee weke gelede op Saterdag, 24 April 'n baie suksesvolle Outismefees in Mosselbaai gehou ten bate van die Ethan-pojek.
Die afgelope Vrydag, 30 April het hulle saam met Ethan-projek se personeel by Pinnacle Point 'n bewusmaking en fondsinsameling gehou tydens 'n visvangkompetisie.
Verlede maand was Outismemaand, maar volgens Jacques Mostert, vise-president van die Macs-motorfietsklub van Mosselbaai sal hulle die kinders gereeld ondersteun met projekte en is die beplanning om volgende jaar al die Macs te betrek by 'n landwye projek ten bate van Outisme.
Kyk 'n verskafte video hieronder:
Outisme is 'n toestand wat die ontwikkelende kinderbrein affekteer en in drie areas probleme veroorsaak.
Vroeë waarskuwingstekens van die toestand sluit in kinders wat nie op hulle naam reageer nie, stadige of atipiese taalontwikkeling, atipiese interaksie met hul portuurgroep en stereotipe bewegings.
Lede van die Macs en personeel van die Ethan-projek hier by Pinnacle Point tydens 'n bewusmaking en fondsinsamelings-projek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'