MOSSELBAAI NUUS - Die voorsitter van die Mosselbaai munisipale raad se oorsigkomitee, raadslid Jeanette Gouws, nooi inwoners om kommentaar te lewer op die munisipale jaarverslag vir 2016/2017 wat tans by die munisipaliteit en enige van die munisipale biblioteke ter insae is.
Raadslid Gouws sê navrae of kommentaar kan gerig word aan die munisipale bestuurder by municipalmanager@mosselbay.gov.za
"Inwoners word ook genooi om kopieë van hul kommentare aan my deur te gee by jeanettegouws@yahoo.com," nooi raadslid Gouws.
Die spertyd vir kommentaar is Maandag, 15 Januarie.
Die verslag kan benewens die biblioteke ook besigtig word op die munisipale webblad by www.mosselbay.gov.za/sites/default/files/documents/Annual%20Report%202017.pdf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'