MOSSELBAAI NUUS - Die 15de Mosselbaai Kerskunsmark vind van 17 - 19 Desember in die Mosselbaai-Suid NG Kerksaal, op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai plaas. Die mark is daagliks oop vanaf 08:00-18:00.
Die gewilde mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte teen winskooppryse, dus unieke ware wat nie in winkels te koop is nie.
Produkte soos gebak, koekies en beskuit, geverfde kinder T-hemde en speelgoed, naald-, hout- en kralewerk, boeke, draad- en houtlaser- en herwinningsprodukte, biltong en droë wors, groente en vrugte, plante en vetplante, souse, lekkers, heuning, juwele, seep, klere, skilderye, hondeprodukte, fotorame, snuisterye en vele meer is te koop.
"Kom ondersteun die DBV en maak 'n hondjie en katjie bly deur hondepille en katkos te bring."
Heerlike eet- en drinkgoed asook middagetes, lekkernye sal te koop wees.
"Hierdie is 'n heerlike plattelandse vakansie-ervaring by die see. Bring die familie en vriende en geniet dit saam, terwyl jy Kersinkopies doen."
Vir stalletjiebesprekings of inligting kontak Cecile (082 224 3865).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'