MOSSELBAAI NUUS - "Om jouself te bemagtig, gee jou nuwe hoop en 'n suksesvolle toekoms. Want om te studeer, dit is waar jou drome vlerke kry." Só sê Berenic van Vught, 'n werknemer van Kindersorg SA in Mosselbaai wat op Saterdag, 27 Julie, saam met haar seun, Bramwille 'n diploma aan Suid-Kaap Kollege ontvang het.
"Dit was 'n oorweldigende oomblik toe ek as ma en my seun hoor dat ons ons toekennings op dieselfde dag, sou ontvang."
Bramwille het sy diploma as ambagsman (sweiser) ontvang en Berenice in vroeë kinderontwikkeling. "Ons wil baie dankie sê vir ons gesin, familie en vriende se ondersteuning en aanmoediging tydens ons studies."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'