Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - 'n Groep vroue uit die Midbrak-omgewing kom twee keer 'n week bymekaar om lyndanse te doen, wat 'n lekker aktiwiteit is om fiks, soepel en gesond te bly.
Op die maat van ou gunstelinge soos Gloria, Sweet Caroline en Green Door, voer hulle herhalende danspassies uit, wat sommer vinnig die sweet laat tap en die gesigte laat blink.
FOTOGALERY: Lyndanse vir die genot
As deel van die Spar Virtuele Uitdaging het die ongeveer 20 vroue besluit om 'n uurlange lyndans-sessie te hou en so hul bydrae te lewer vir liefdadigheid.
Volgens Janine Killian hou Spar sedert Covid-19-pandemie 'n virtuele uitdaging vir mense om te stap, hardloop, bons, spring of dans.
Daar is wel Sondag, 23 April, 'n 5 en 10km draf- en stapsessie in verskillende dorpe en stede gedoen as deel van die Spar Vroue Virtuele Uitdaging.
Deelnemers betaal inskrywingsgeld om deel te neem en kry onder andere 'n T-hemp en medalje. Van die vroue wat aan die lyndans-marathon deelgeneem het, dans al vir agt jaar met sommige wat eers onlangs by die groep aangesluit het. Hulle is dit eens dat hulle die spontane oefening van die danspassies geniet, gewig verloor en veral die sosialisering met ander vroue.
Teresa Barnard vertel dat die dansoefeninge haar baie gehelp het sedert sy in 2014 'n beroerte gehad het. "Ek het allerhande oefeninge gedoen, maar sedert ek lyndans doen, voel my rug, my been en gesondheid 100% beter. Ons is mal daaroor!"
Janine Killian gee al vir meer as agt jaar lyndansklasse in die Reebok-saal. Hier dans hulle as deel van die Spar Virtuele Uitdaging.
Rita Hendrikse wys trots die T-hemp wat hulle gedra het vir die Spar Virtuele Uitdaging.
VIDEO - Janine Killian wat lyndanse aanbied oor hul deelname aan die Spar Virtual Woman's Challenge:
VIDEO - Die lyndansers vertel wat die oefening vir hulle beteken:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’