MOSSELBAAI NUUS - Die openingskonsert van die 2019 Dias- en Hawefees het Donderdagaand in Mosselbaai se stadsaal plaasgevind.
Die Wes-Kaapse Premier, Helen Zille en lede van haar kabinet het die luisteryke geleentheid, waar die fees se openingsrede deur die Premier gelewer is, bygewoon.
Premier Zille het genoem dat die geskiedenis herskryf word deur die oorvertel van stories en dat deur die gebruik van simbole, kommunikasie moontlik gemaak is.
Dias se aankoms in 1488 was eintlik sy terugkeer na die land van sy oorsprong, aldus die Premier.
Die rieldansers het almal se voete laat jeuk. Foto's: Tersia Marais
Die Indonesiese krygsdans was baie intens.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'