MOSSELBAAI NUUS - 'n Aansienlike hoeveelheid goedere is by 'n loodgieterswinkel in Voorbaai gesteel tydens 'n inbraak verlede maand. Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het die voorval op Saterdag, 19 Oktober om 18:50 plaasgevind.
Goedere met 'n geskatte waarde van meer as R50 000 is gebuit.
'n Wit Toyota-bakkie met 'n CBS-registrasienommer is deur ooggetuies op die toneel gesien en kan moontlik met die voorval verbind word.
Enige persoon met verdere inligting, word versoek om die ondersoekbeampte, kst Ayabonga Lolo by die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling te kontak (083 964 9225).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'