MOSSELBAAI NUUS - Daar word weer hard gewerskaf in die lokomotiefloods op Voorbaai waar Bobby Rudman en sy span enersyds 'n vorige restourasieprojek onder hande neem vir 'n roetine diens, en andersyds nog 'n ou strydros van weleer tot sy vorige glorie gaan laat herleef.
'n Vorige projek, die oliebrander klas 19D nommer 3321 lokomotief, wat intussen tot "Jessica" herdoop is, is in Maart 2016 na Ceres hervestig waar sy as een van 'n stal lokomotiewe vir die Ceres Railway Company toeriste vervoer.
Jessica het onlangs weer in Voorbaai aangemeld vir 'n roetine diens.
Hierbenewens werk Rudman se span boonop aan 'n restourasieprojek van nog 'n lokomotief wat ook deur 'n privaat eienaar aangekoop is.
Bobby Rudman (middel) en sy span by die lokomotiefloods op Voorbaai is reeds weer hard aan die werk met die restourasie van nog 'n lokomotief. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'