MOSSELBAAI NUUS - Melanie Brits het vir die Mossel Bay Advertiser dié foto gestuur wat haar seun, Armand Brits vroeg vanoggend, 15 Junie geneem het in Hartenbos agter die huis op die hoek van Paardekraalweg en Elandslaagte.
Volgens Brits het die sneeu het egter reeds weggesmelt.
Die weervoorspelling het wel voorspel daar gaan sneeu op die berge val, maar dis baie ongewoon in die laagliggende gebiede hier langs die kus.
Dit kan ook ‘n vorm van ysreën wees, die Engels daarvoor is “sleet”, wat verskil van sneeu en hael. Dit is reën wat deur ’n laag baie koue lug naby die grond val en die reëndruppels verys. Nie al die reën verander egter in ys voordat dit op die grond val.
'Ons bring julle die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'